Stellenbosch Bike to Work and School week 2016

10 – 14 October 2016

We want to encourage commuters, including their employers, to leave their cars at home for one week and cycle to work.

Celebrate our town’s second Bike to Work week, help us to encourage even more cyclists to hop on their bikes this year.

Baie Stellenbossers bly net 2-5 km van hul werkplek. Vanjaar, vir minstens een week, maak jou kop skoon en ry rustig fiets werk toe, terwyl jy verby motorbestuurders ry wat sweet en wurg in die verkeer. Vergeet boonop van soek na parkeerplek, maar die belangrikste van alles, geniet die buitelug, want fietsry is pret en gesond vir jou.

 

Program

  • Kry mekaar  soggens vroeg in Ryneveldstraat  op Hazz  of BMT Grind se stoep van 0730 (moedig mede-pendelryers  aan om te kom koffie drink teen afslag deur met hul fietse op te daag en hul vriende, kollegas en familie en bure te oortuig om in die BTW-week werk toe te ry)
  • Plaas foto’s van jouself of ander ryers op Stelllenbosch Fietsry se  Facebook-blad,   blog, Twitter of Instagram te plaas, gebruik #cycleStellenbosch as jy kan.
  • Donderdagoggend 13 Oktober: Kry ‘n Eikestadnuus by die koerant se kantoor in Alexanderstraat  teen halfprys, daag net met jou fiets op
  • Donderdagmiddag  13 Oktober: Werksessie in Erfurt-huis om 13:00, waar die kampus en munisipaliteit ook verteenwoordig sal wees.Kom sê jou sê oor wat kan gedoen word om veilige parkering vir fietsryers in die middedorp te verskaf
  • Vrydagmiddag 16 Oktober: kry mekaar  na werk by Bartinney  in Birdstraat vir ‘n glas wyn en wen vir oulaas ‘n prys of twee.
  • Besoek die Openbare Biblioteek in Pleinstraat vir ‘n uitstalling oor die voordele van  pendel-fietsry en deel jou eie ervaringe op ons blog of Facebook-blad.

Waarom moet jy fiets ry werk toe?

  • Dis gesond en jy is meer produktief by die werk
  • Vermy verkeersknope, spaar petrolgeld en vergeet van soek na parkeerplek
  • Daag jou vriend, kollega en buurman uit om hul motors by die huis te los en eerder fiets te ry
  • Help ons om Stellenbosch ‘n fietsry-vriendelike dorp te maak

Why cycle to work?

  • It is healthy and you are more productive at work
  • Escape traffic congestion, save petrol money and no longer search for parking
  • Challenge your friend, colleague or neighbour to leave their cars at work and cycle with you to work.
  • Help us to make Stellenbosch a cycle-friendly town

The Stellenbosch Bike to Work week project is proudly supported by the Pedal Power Association.

Stellenbosch Cycling is an initiative to encourage everyone to use bicycles for mobility, exercise and fun. Stellenbosch Fietsry is ‘n  Maatskappy sonder winsoogmerk (MSW). Find us on Facebook, Twitter or visit our blog on www.stellenboschcycling.wordpress.com.

Pedro Louw (tuinier en nutsman)

 

Onderhoud en foto: Annelise  Willems

1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk toe?

Ek  ry nou vier jaar lank amper elke dag fiets werk toe. Vroeër jare het ek ook fiets gery, maar net soms. Nou ry ek elke dag. Ek ry net partymaal taxi.

2. Hoe het dit jou lewe verander?

Dit  het my lewe wonderlik verander. Ek ry die fiets vir die ekstra  inkomste. As ek fietsry, spaar ek geld. Die verandering kom goed te pas. Daar is vrede in die huis, want die “budget” werk beter uit. Vrydag kan ek daai geld wat ek spaar met my fietsry, net so vir my vrou gee vir die huishouding. Dit kan dan vir die gesin gaan. As dit reënerig is, kan ek besluit of ek die taxi wil vat. En fietsry hou jou gesond ook!

3. Hoe ver ry jy?

Ek ry van  Kylemore af tot by Stellenbosch. Ander dae ry ek van Kylemore tot Somerset-Wes en  Woensdae tot in Kuilsrivier. Soms as die reën my vang as ek huis toe ry van die werk af, druk ek deur. Nat is nat. Dan voel ek vrede. Mens voel weer soos toe jy klein was en in die water gespeel het. Daai tyd wou jou ma jou uit die reën hê! Maar dit kan lekker wees. Mens moet tog by die huis kom. Ek dink ook aan die geld wat ek spaar.

4.Vertel ons meer van jou fiets.

Ek ry ‘n resiesfiets. Ek het hom gekoop by dr Viljoen van Kuilsrivier. Hy ry ook fiets werk toe. Ek werk al vier jaar by hom. Wat my fiets spesiaal maak, is dat hy ‘n spieëltjie het. ‘n Spieëltjie is baie belangrik wanneer mens op die pad ry. Jy kan sien of karre op jou af jaag wanneer jy in die geel streep ry en dan kan  jy padgee. Jy hoef nie om te kyk en só dalk jou balans  verloor  nie. Jy kan fokus op die pad voor jou. ‘n Klokkie is ook belangrik.

5. Het jy raad vir mede-fietsryers wat wil werk toe ry?

Baie mense praat met my wat wil ry. Party wil saam met my ry, maar ons werk nie op dieselfde plekke nie. Ek sê hulle moet ry. Dis goed vir hulle, vir hul gesondheid. Ek dink só: los  eerder die karre en vat die fiets. Hulle is al te gewoond aan die karre.

6. Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Dis die karre en die taxi’s…. hulle moet versigtig wees. Oppas vir fietse in die geel streep. Moenie daar ry nie. Taxis moet nie net voor fietse stop of sommer hul deure oopgooi nie. Hulle moet uitkyk vir fietse en motorfietse! Maar dit sal goed wees as meer mense fietsry.

Cycle portrait: Sabrina Kumschick

Sabrina is a researcher at the University of Stellenbosch, working for the Centre for Invasion Biology and the South African National Biodiversity Institute (SANBI).

 1. Why do you commute to work by bike?

Cycling to work gives me an early-morning energy boost and makes me feel good. Cycling (almost) every day keeps me fit and motivated. On top of that, I don’t have to sit in traffic but can often pass long queues of standing cars, and don’t need to worry about parking. It also saves me some cash that I can spend on nice things rather than petrol. Here in Stellenbosch cycling to work is great because it hardly rains and does not get very cold.

2. How has cycling changed your life?

As long as I can remember, I walked and cycled to school and work. It has become sort of a lifestyle to brave the weather and get out on the bike, no matter how cold and miserable it is (and where I’m from, it snows sometimes and rains a lot). Cycling to work shows me that once you’re out there and move, you warm up quickly. And before you know it, you’re at work, nice and ready for the day.

3. How far do you ride every day?

My commute to work is about 4km each way. Sometimes I also cycle before or after work and often on the weekends, in the mountains or on the road.

4. Tell us more about your bike…

I bought my bike from a friend who “upgraded” to a better bike when I first moved to Stellenbosch 4 years ago. It is a blue GT Avalanche 1.0. This bike has been on many adventures with me and has never let me down. Amongst others it joined me on my first race ever, the Karoo to Coast in 2012.

5. Do you have any advice for people who would like to cycle to work?

I would encourage everyone to embrace the great weather in Stellenbosch and to get out there more. Cycling to work provides an optimal opportunity to stay fit and to breathe some fresh air, and it can save a lot of time spent sitting in traffic. I think the more people join me on the roads for their commutes to work, the more accepted cycling will become in Stellenbosch, and the safer it will be. That being said, I also recommend cyclists to always think for more than just themselves. Some drivers are not very savvy when it comes to cyclists, and it helps trying to foresee what their next movements are to prevent conflict.

6. How can Stellenbosch improve cycle infrastructure and how can we make our town more cycle friendly?

Many drivers in Stellenbosch (compared to other places I’ve been) are not very tolerant towards cyclists and they do not like to share the road. I noticed the new traffic signs “Pass wide”, which are great – however these are only effective if people take note of them. That being said, I think educating drivers would help a lot to increase acceptance. Cycle lanes can be useful, but they should be integrated with the flow of traffic rather than being treated as separate entities. I am thinking of the traffic circle on Merriman and Cluver here, where “going with the flow” as a cyclist is difficult due to the separate cycle lanes. Furthermore, it is difficult to find a place to lock my bike in town. People have been very tolerant towards me taking it into restaurants, but that is not always a good option.

Fietsportret: Marelize Barnard

 

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?

Vandat ek begin werk het , seker nou al 16 jaar. Op dae wat dit reën, verkies ek om eerder met ‘n sambreel te stap.

  1. Hoe het dit jou lewe verander?

Ek is dankbaar dat ek die vreeslike verkeer van Stellenbosch vryspring. Ek kan net langs die toue en toue motors wat opgehoop stil staan, verby ry. En ek hoef seker nie te noem dat ek nie ‘n parkeerprobleem het nie, dws om eerstens plek te probeer kry en boonop parkeergeld te betaal nie. Fietsry bring mens ook definitief meer in aanraking met die Stellenbosch-omgewing. Jy sien dinge raak wat jy nie  andersins sou as jy in ‘n motor gery het nie: ‘n hawelose wat sy slaaphoekie kouebestand probeer maak of die prag van die natuur op ‘n warm, stil somersdag. Fietsry gee vir my elke dag daardie bietjie oefening wat ek dink ek andersins nie sou gekry het nie!

  1.       Hoe ver ry jy elke dag?

Nie ver nie, so 3 km.

  1. Vertel ons meer van jou fiets

Dis ‘n tweedehandse Rocky 18-spoed bergfiets. Een van die ou staalraam-soorte. Twee van my vorige fietse is gesteel, toe besluit ek om nie weer baie geld te bestee op ‘n fiets nie totdat ek ‘n slot kry wat langer hou. Die fiets is dus taamlik gehawend met roes en ‘n paar ratte wat nie werk nie, maar ek ry al vyf jaar met hom, en gebruik meestal een rat. Fietse is gemaak om te hou.

  1. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

Om so veilig as moontlik te ry, hou almal rondom jou dop en voorspel die heeltyd wat die voertuie en voetgangers gaan maak. Moenie aanneem almal sien jou of gaan by die padreëls hou nie! Dui jou aksies ook duidelik aan voordat jy dit uitvoer. Ry stadig genoeg in besige areas om skielik te kan stop as jy moet. Ek het toe wel intussen ‘n fietsslot gekry wat nog nie geknip of oopgebreek is nie: ‘n “U-lock”. Hy is die beste sover. Indien jy nie hou van in die reën ry nie, hou ‘n weer “app” of webtuiste dop wat vir jou sê watter ure van ‘n dag reën behoort te val. Regdeur die winter kry ‘n mens dae in Stellenbosch wat dit nooit reën nie, selfs al lyk die weer ook hóé dreigend. Fietsry hoef glad nie ingewikkeld of duur te wees nie. Ek laat vervang, baie min,  net die remblokkies en bande wanneer nodig  en smeer self van tyd tot tyd ‘n bietjie olie aan die bewegende dele.

  1. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Motoriste en voetgangers moet definitief meer bewus raak van fietsryers. Dit het al ‘n paar keer gebeur dat motoriste reg voor my inry , omdat hulle my nie in hul blinde kol verwag nie, en voetgangers skielik voor my inloop of uit ‘n taxi  klim wat in verkeer stilstaan,  omdat hulle nie verwag dat ‘n fietsryer langs die stilstaande motors sal verbykom nie. Geparkeerde voertuie se deure swaai ook soms skielik voor jou oop, omdat bestuurders jou nie verwag nie en net die verbygaande motors in aanmerking neem.  Meer padtekens versprei deur die dorp wat teen fietsryers waarsku, al word dit net tydelik aangebring, en ‘n duidelike stippellyn aan die kant van veral smal, besige paaie wat dalk nie breër gemaak kan word nie , byvoorbeeld Birdstraat en Dorpstraat, mag dalk bewustheid verhoog. Die feit dat daar al hier en daar ‘n padteken is wat fietsryers toelaat om op die sypaadjie laat  te ry, is ‘n goeie idee, maar op ‘n besige sypaadjie soos in Birdstraat waar daar dikwels massas voetgangers loop en ook stilstaan, is dit amper nie moontlik om daarop te ry nie. ‘n Tipe skeidslyn wat die gedeelde sypaadjie verdeel tussen voetgangers en fietsryers, met meegaande padmerke wat ‘n onderskeid maak, sal dalk help. Besighede in die dorp wat oorspoel op sypaadjies, skep ook tans hindernisse vir voetgangers en fietsryers.

Fietsportret: Shany van den Berg (kunstenares)

 

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?

So om en by nege jaar.

  1. Hoe het dit jou lewe verander?

Fietsry is vinnige vervoer in Stellenbosch, boonop het ek geen parkeerprobleme nie en dis mos baie lekker.

  1. Hoe ver ry jy elke dag?

Dit is moeilik om te sê, maar ek ry minstens twee tot drie keer per dag, soos na die “gym”. Ek  koop ook my kruideniersware, net genoeg vir my  koelsak en  my aanknipsak, asook hout, ensovoorts (onthou rekke is belangrik !)

  1. Vertel ons meer van jou fiets

Ek het n Giant-opvoufiets en hy gaan oral saam met my,  selfs Kaap toe vir ontspanning op die Promenade en nou onlangs  na die KKNK waar ek ‘n uitstalling gehad het en maklik tussen “shows” kon rond beweeg het.

  1. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

As jy twyfel of jy op die pad kan ry, ry eerder op die sypaadjie met die hand op die klokkie en oorweeg definitief  ‘n heerlike en gerieflike aanknipsak  op die rooster

  1. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Waar moontlik, het ons meer  fietsrybane en genoeg veilige fietsrakke nodig. Hierdie  fiets is nou al my derde fiets in nege jaar. Ja, my fietse word graag gesteel, maar nou het ek ‘n dik ketting!

Fietsportret: Annalise Willems (59)

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?

Ek het as kind van negejarige ouderdom na die ou Laerskool Bloemhof fiets gery en later na Hoërskool Bloemhof. Dit was van ons lekkerste kuier- en geselstye daardie…bondels vrolike kinders na en van die skole. Later het ons in Die Boord gewoon en het ek gereeld met my kinders op hul fietse oor die groot Boord/Strandpad-kruising gery skole en Spar toe. Van ons lekkerste familieritte was aan die linkeroewer van die Eersterivier tot by Jonkershoek se hek, en dan met die pad langs terug. Vir die uitstappies is kleintjies op klein fietsies en babas op fietsstoeltjies almal in die vallei op. Vandag is daardie pad ongelukkig gesluit. Nou woon ons weer in die middedorp en gaan ek na die meeste plekke in die dorp met my fiets. Ek het sakke aan my fiets, en ‘n mandjie en kan verbasend baie inkopies in daardie sakke laai. Ek hoef  nooit vir parkeerplek te soek nie. Dis heerlik!

 2.   Hoe het dit my lewe verander?

Ek kan baie gouer dorp toe vlieg verby lang toue motors. Ek hoef nooit kwaad te word vir te min parkering en parkeerassistente nie. Ek parkeer reg waar ek wil wees. Dis gesonder om fiets te ry. Jy kry oefening en het tyd om rond te kyk terwyl jy ry!

3.    Hoe ver ry jy elke dag?

Ek ry nie ver nie. Altans nie as ek vir “besigheid’ moet dorp toe ry nie. Maar dis vinniger as stap en baie makliker as motorry. Ek en my man hou wel ook daarvan om met die fiets vir oefening rond te ry en geniet al die wonderlike fietspaaie wat nou oral hier om ons dorp is. 

4. Vertel ons meer van jou fiets

My fietse: my dorpfiets is my ou damefiets. “Sy” is seker omtrent 70 jaar oud en het behoort aan ‘n familielid van ons van België. Sy is ‘n Raleigh en weeg ‘n ton. As ek op haar ry,  voel ek soos ‘n koningin. Ek sit kiertsregop. Ek het ook ‘n fiets wat ek by een van my kinders se vriende gekry het. Dis my veldry-fiets. Op daardie fiets voel ek weer soos ‘n kind, al ry ek so stadig op die klein paadjies soos ‘n verkleurmannetjie. 

5. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

Mense wat wil fiets ry werk toe,  moet dit net doen. Moenie wag vir beter weer of beter fietspaaie nie. Moenie jou blind staar teen die pryse van nuwe fietse nie. Ek het my enigste nuwe fiets gekry toe ek nege jaar oud was. Daardie fiets was gesteel toe ek omtrent 14 was. Daarna was ek nog nooit weer sonder ‘n fiets nie, maar hulle is altyd tweedehandse fietse wat goed gebruik en opgepas is en hulle werk wonderlik. So kry ‘n fiets, klim op en ry. 

6.  Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Die dorp is wel besig om meer fietsry-vriendelik te raak. Dit sal wonderlik wees as toestande vir fietsryers wel nog kan verbeter. In België word fietse toegelaat om na twee kante te ry in eenrigting-strate. Daar is wel duidelike padtekens wat dit wys. Hier sou dit wonderlik wees as fietse voorlopig op sypaadjies kon ry. Voetgangers moet natuurlik voorkeur kry. Ook nie alle sypaadjies is geskik vir hierdie dubbele “verkeer” nie. Ek vind wel dat motoriste meer bedagsaam teenoor fietse is hier in Stellenbosch en hoop dié gesindheid verbeter steeds sodat ons kinders weer in groter getalle kan fietsry skool toe, en almal op fietse nog meer gemaklik sal voel om die pad te vat. Moet asseblief nie ophou beplan aan veiliger en geriefliker fietspaaie nie!

Vumile Yali (tuinier, 51)

 

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk toe?

Ek ry al baie jare van Kayamandi dorp toe en terug

  1. Hoe het dit jou lewe verander?

Fietsry hou my gesond, keer dat ek oud voel

  1.  Hoe ver ry jy elke dag?

Ek ry sowat 12 km dorp toe en terug. Vroeër jare het ek tot by Muldersvlei gery waar ek op ‘n hoenderplaas gewerk het. Dit was veel makliker om fiets te ry soontoe as met die trein

  1. Vertel ons meer van jou fiets

Dis ‘n Scott Adventure-bergfiets, ry gemaklik, en ek maak hom self reg as iets verkeerd gaan

  1. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

Moenie lui wees nie, selfs wanneer dit reën, ry fiets en kry oefening

  1. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Taxis en motors ry te maklik voor jou in, en wys geen respek vir fietsryers nie. Die musiek in motors kan hard en hinderlik wees. Jong mense jaag ook soms deur ‘n rooi robot en sien nie altyd fietsryers raak nie.

 

Mason’s Bike Inn verskaf nou veilige fietsparkering in die middedorp

Uiteindelik het daar gemoedsrus gekom vir fietsryers wat bang is hulle ysterperde word in die middedorp gesteel.
Juan Mason, eienaar van Mason’s Bike Inn in Beyerstraat, sê lank reeds: “Dit help nie julle bou fietspaaie as die mense nie hul fietse veilig kan toesluit nie.”
En nou het hy self met ‘n plan vorendag gekom: Hy gaan ‘n deel van sy perseel beskikbaar stel vir fietsparkering teen R10 per dag, op weeksdae van 0830 tot 1730.
“Fietsdiefstalle in die Stellenbosch, maar veral in die middedorp, het baie erg toegeneem die afgelope tyd, sodat mense nie met hul fietse dorp toe wil ry nie, en ons wil juis hê meer mense moet fietsry dorp toe”, volgens raadsheer Dawid Botha.
Met hierdie nuwe plan kan mense nou met gemoedsrus werk toe ry of kom inkopies doen in die middedorp en selfs ‘n paar ure gaan fliek sonder die vrees om terug te kom na ‘n halfgesteelde fiets of ‘n leë paal waar hul fiets vasgesluit was, sê Botha.
Die nuwe inisiatief van Juan Mason, wat ook ‘n duidelike kenteken vir sy fietsparkeerplek laat ontwerp het,  word heelhartig gesteun deur Stellenbosch Fietsry, die maatskappy sonder winsbejag wat fietsry in die hele munisipale gebied bevorder en ontwikkel.

Fietsportret:  Andrew Moses (tuinier, 55)

 

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk toe?

Ek ry al 18 jaar lank fiets werk toe, winter en somer, eintlik orals, nie net werk toe nie. Ek is nog nooit omgery en het nog nooit geval nie.

  1. Hoe het dit jou lewe verander?

Dis net ‘n plesier om te ry, fiets ry hou my fiks en ek betaal nie petrol of taxigeld nie.  As jy jou fiets oppas, hoef jy omtrent net  jou bande te vervang van tyd tot tyd.

  1. Waarheen is jy oppad en hoe ver ry jy elke dag?

Ek ry van Garden City in Idasvallei na Academia by die Universiteit waar ek werk, so 16 km heen en weer per dag.

  1. Vertel ons meer van jou fiets

Dis ‘n gewone bergfiets, hou homself in stand.

  1. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

Ry eerder fiets as taxi, want jy het geen verkeersprobleme nie. Ry stiller paaie waar daar minder motors is. Moet nie jaag nie, ry rustig

  1. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Daar is te veel motors in die dorp. Wat my opval, is dat die oorsese studente  lief is vir fiets ry en Stellenbossers kan leer by hulle. Taxis wat voor fietsryers injaag en nie wag by kruisings nie, pla my. Fietsbane moet duideliker gemerk word.