Program vir Bike to Work/Ry fiets werk toe-week, 12-16 Oktober

  • Vrydag 9 Oktober: BTW-saamtrek/rally op Hazz se stoep, kort sessie oor BTW-aksies
  • BTW-koffiesessies elke oggend van 0700 tot 0830 by Hazz, wen T-hemde en ander pryse, boonop kry jy afslag op koffie
  • Etensuur elke dag: gratis nasien van fietse deur fietswinkels
  • Plaas foto’s op ons blog of Facebook-blad en wen pryse, ook op Twitter: @stellenfietsry
  • Donderdag 15 Oktober: kry Eikestadnuus teen halfprys by Eikestadnuus se kantoor
  • Vrydagoggend 16 Oktober: groepsrit oppad werk toe met BTW-hemde
  • Vrydagmiddag 16 Oktober: BTW-partytjie 1700 to 1800 na werk, voor Munisipale gebou in Van Ryneveldstraat
  • Maak ‘n draai by ons uitstalling in die Openbare Biblioteek in BTW-week.

Bike to Work week, 12 to 16 October 2015

We want to encourage commuters, including their employers, to leave their cars at home for one week and cycle to work.

Baie Stellenbossers bly net 4-5 km van hul werkplek. Vanjaar, vir minstens een week, maak jou kop skoon en ry rustig fiets werk toe, terwyl jy verby motorbestuurders ry wat sweet en wurg in die verkeer. Vergeet boonop van soek na parkeerplek, maar die belangrikste van alles, geniet die buitelug, want fietsry is pret en gesond vir jou.