{"id":450,"date":"2018-10-04T18:11:14","date_gmt":"2018-10-04T18:11:14","guid":{"rendered":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/?p=450"},"modified":"2022-04-02T09:41:27","modified_gmt":"2022-04-02T09:41:27","slug":"fietsportret-cycle-portrait-org-groeneveld-ingenieur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/?p=450","title":{"rendered":"Fietsportret\/Cycle Portrait: Org Groeneveld (ingenieur)"},"content":{"rendered":"<p>1<em>. Hoe lank ry jy al met jou\u00a0fiets\u00a0werk of winkels toe?<\/em><\/p>\n<p>My eerste herinneringe sluit fietsry in, ja ek ry nog altyd fiets! Behalwe vir skool en sport en koerante aflewer, het ons fiets gery vir plesier, kattekwaad en selfs in wedrenne. Toe ek in Kaapstad gebly het, het ek stasie toe gery van die Tuine en na die Waterfront toe ek daar gewerk het. Niemand \u201cbum\u201d ooit \u2018n geleentheid nie, maar jy kom nog steeds oral waar jy wil wees<em>.\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/em><\/p>\n<p>2.<em> Hoe het dit jou lewe verander?<\/em><\/p>\n<p>Wanneer jy fiets ry, is die frustrasiefaktor zero. Dit is nes vlieg: jy ruik die blomme en nat gras en rivierwater. Dit verander nie my lewe nie maar vul dit aan, want ek doen dit in elk geval. \u201cOmring jouself met die mooi en &#8230;\u201d is maar een van etlike aanhalings wat presies s\u00ea waaroor dit gaan. Dit is waaroor Stellenbosch gaan, daar is geen beter plek om jou dorp te geniet as op \u2018n fiets nie, die intensiteit is net meer.<!--more--><\/p>\n<ol start=\"3\">\n<li><em>\u00a0Hoe\u00a0ver ry jy elke dag?<\/em><\/li>\n<\/ol>\n<p>Ongeveer 5 km vir daaglikse vervoer met die dorpsfiets en dan oefen ek gereeld op my bergfiets. Ek ry met my kinders na hul buitemuurse aktiwiteite en hulle al al drie hou van fiets ry.<\/p>\n<ol start=\"4\">\n<li><em>Vertel ons meer van jou\u00a0fiets of fietse<\/em><\/li>\n<\/ol>\n<p>Kom ek vertel van die nuutste toevoegsel. \u00a0Ons maatskappy het onlangs twee e-fietse gekry vir bemarking. Pleks daarvan om kli\u00ebnte vir \u2018n potjie gholf of ete te nooi, neem ons hulle op die e-fietse deur Stellenbosch en op bergroetes of op selfs grondpaaie. Ons stop langs die pad vir \u2018n glas wyn of koffie. Dit is &#8216;n heerlike alternatiewe opsie en almal is gek daaroor. Dit is \u2018n gelykmaker en maak die minder fikse fietsryer minder bevrees om by te hou. Die fietse wat ons het, het volledige suspensie. Dit is Fatboy Trek-fietse \u00a0wat op elke tipe terrein kan ry, boonop ry hulle maklik en is bekostigbaar.<\/p>\n<ol start=\"5\">\n<li><em>Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?<\/em><\/li>\n<\/ol>\n<p>Laat \u2018n bietjie ekstra tyd toe, los \u2018n ekstra stel klere by die werk vir die slag wat jy mag nat re\u00ebn. Sit ligte voor en agter op jou fiets, maak jouself sigbaar. Oppas vir mense wat selfoon lees en nie kyk waar hulle loop nie, hulle hoor jou nie aankom nie. Kry \u2018n goeie slot, ja al is hy swaar, want fietse kry voete. Belangrikste ding is, begin net. Dit raak net lekkerder.<\/p>\n<ol start=\"6\">\n<li><em>Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?<\/em><\/li>\n<\/ol>\n<p>Die momentum van afgesperde fietsbane wat nie voetgangers op het nie, soos in Europa, maak fiets ry baie vinniger en veiliger, maar dit is seker nog ver in die toekoms by ons. \u2018n Veilige roetenetwerk is wel al beskikbaar, veral langs die rivier endit laat jou toe om op enige plek in die dorp aan te sluit by ander paaie.<\/p>\n<p>Die fietspaaie van Kayamandi na Plankenburg werk ook goed en moet net verder uitgebrei word. Die nuwe fietsrakke orals in die dorp sorg vir veilige vassluitplekke. Die Stellenbosch Trail Fund se nuwe sentrum in die ou Landbousaal in Die Laan gaan \u2018n goeie afspringplek wees vir toeriste en die STF se netwerk van paadjies is onge\u00ebwenaard in die land. Nee wat ouens, ek dink julle by Stellenbosch Fietsry is op die regte pad. Daar is al meer ondersteuning vir beter infrastruktuur. Ons kort net soms \u2018n bietjie politieke wil, maar daarvoor het jul mos \u2019n paar dik velle in julle geledere.\u00a0Hou so aan!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1. Hoe lank ry jy al met jou\u00a0fiets\u00a0werk of winkels toe? My eerste herinneringe sluit fietsry in, ja ek ry nog altyd fiets! Behalwe vir skool en sport en koerante aflewer, het ons fiets gery vir plesier, kattekwaad en selfs in wedrenne. Toe ek in Kaapstad gebly het, het ek stasie toe gery van die &hellip; <a href=\"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/?p=450\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Fietsportret\/Cycle Portrait: Org Groeneveld (ingenieur)<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":451,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[6],"tags":[],"class_list":["post-450","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rider-profiles"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/450","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=450"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/450\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":455,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/450\/revisions\/455"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=450"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=450"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=450"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}