{"id":547,"date":"2021-02-05T09:21:34","date_gmt":"2021-02-05T09:21:34","guid":{"rendered":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/?p=547"},"modified":"2022-04-04T15:55:26","modified_gmt":"2022-04-04T15:55:26","slug":"stellenbosch-fietsry-jaarverslag-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/?p=547","title":{"rendered":"Stellenbosch Fietsry &#8211; Jaarverslag 2020"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was inderdaad \u2018n ongewone jaar. Ons het\ngoed afgeskop, en met die inperking het ons voortgegaan met ons weeklikse\nvergaderings op zoom. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het die jaar op 23 Januarie begin as\naktiewe deelnemers aan \u2018n werkswinkel by die US se Fakulteit Ingenieurswese om\nleerders wiskunde en fisika te leer met die fiets as leermiddel. Leerders van\nskole in die Skiereiland&nbsp; en Stellenbosch\nhet deelgeneem en dit was deel van \u2018n projek tussen Stellenbosch Fietsry en die\nInnovasiefabriek (Innovationsmanufaktur) van prof Eckehard Moritz in M\u00fcnchen.\nKontak met prof Moritz gaan steeds voort.<\/p>\n\n\n\n<!--more-->\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op 1 en 2 Februarie&nbsp; het ons&nbsp;\ndie Internasionale Kantoor van die Universiteit Stellenbosch gehelp met\nhul verwelkomingsprogram deur oor di\u00e9 naweek sowat 130 &nbsp;internasionale studente in groepe op\nfietsritte deur die dorp te neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van ons grootste teleurstellings die afgelope jaar was dat die Munisipaliteit&nbsp; steeds nie geld begroot het om die Fietsplan van 2015 te begin uitvoer nie en ook geen geld vir enige fietsryprojekte begroot het vir die volgende jaar nie, selfs nie veel instandhouding van bestaande fietsbane&nbsp; sal gedoen word nie, lyk dit vir ons.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het gehoop dat die Munsipaliteit die grendeltyd en pandemie sou benut deur kits-fietsbane uit te rol en meer geld sou bestee aan fietsry-infrastruktuur soos in ander lande en stede, veral om distansi\u00ebring te bevorder, maar ons versoeke hieroor is ge\u00efgnoreer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">DIt is ons oortuiging dat veilige fietsry\nnet werklik moontlik sal wees en mense net in groter getalle sal fietsry as\ndaar \u2018n aaneengeskakelde fietsnetwerk deur die hele dorp is. &nbsp;Tans is daar net \u2018n gebroke netwerk van\ngedeelde NMT-paaie of onveilige geverfde fietsbane wat doodloop. Andersins moet\ndie pendelryer maar ons nou strate en druk verkeer trotseer of selfs vir sy\nveiligheid op sypaadjies ry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Fietsplan stel so \u2018n netwerk voor, maar\ndaar kom net niks van nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Fietsplan van 2015 prioritiseer\nfietsinfrastruktuur-projekte. Ons is nietemin deur die Munisipaliteit gevra om\nprioriteite te identifiseer. &nbsp;Ons het\nreeds in 2019 kitsprojekte en langtermynprojekte ge\u00efdentifiseer, maar ons\ninsette kry geen aandag nie. Ons het hoegeneemd geen reaksie gekry nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons is in kennis gestel dat die teer van\nsypaadjies deur die hele Munisipale gebied prioriteit moet geniet as NMT-projek.\nNatuurlik is dit belangrik, maar fietsryers se veiligheid, byvoorbeeld &nbsp;oor die groot kruisings by&nbsp; Idasvallei, Cloetesville en Die Boord, is net\nso belangrik!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Munisipaliteit het besluit dat die\nFietsplan en die NMT-plan gekombineer&nbsp; en\nuitgebrei word oor die hele munisipale gebied. Ons het voor die grendeltyd met\ndie konsultante vergader om insette te lewer en \u2018n vrugbare gesprek is gevoer.\nOns het die konsultante ook begelei op \u2018n fietsrit deur \u2018n deel van dorp.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Weens die Inperking is hierdie\ndeelnemingsproses&nbsp; gestaak, maar is\nhervat met \u2018n vergadering op 28 September.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die konsultante se verslag is opgestel en\noorhandig, maar ons wag nou reeds geruime tyd op die Munisipaliteit se kommentaar\nop die verslag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Stellenbosch Fietsry het deur die jaar\naktief deelgeneem aan die vergaderings van die Mobiliteitsforum, al was dit dan\ngrotendeels op zoom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As gevolg van die pandemie, is besluit om\nnie vanjaar \u2018n&nbsp; Jaarvergadering te hou\nnie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die elektroniese weergawe van ons\nFietskaart, wat steeds gewild is onder besoekers en inwoners aan die dorp, word\ntans weer opgedateer, aangesien daar altyd veranderinge in die dorp plaasvind\nen ons altyd verbeteringe kan aanbring. Die bygewerkte e-kaart sal hopelik voor\nmiddel-2021 beskikbaar wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is vir ons verblydend dat die Provinsie\nna \u2018n aantal probleme die NMT-pad na Jamestown voltooi het. Dit is net jammer\ndat hierdie belangrike NMT-pad langs die R44 nie oral goed onderhou word nie.\nSekere vervalle dele is mooi herstel met \u2018n nuwe sementoppervlak, maar op ander\n&nbsp;plekke raak dit al hoe meer toegegroei\nen smaller.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die toenemende aantal nuwe glybane op die\nR44, soos by die ingang na Tegnopark, wek kommer, want daar word dit nou beslis\nonveilig vir fietsryers wat in die rigting van Stellenbosch ry. Fietsryers word\nnet nie in die pad-ontwerp in ag geneem nie. Daar is net aan motorvoertuie\ngedink.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is vir ons&nbsp; steeds \u2018n groot bron van kommer dat die\nMunisipliteit min&nbsp; geld begroot om\nNMT-geriewe te onderhou, want sekere NMT-paaie mag deur fietsryers benut word.\nDie NMT-pad langs George Blake-laan, wat Kayamandi en Plankenbrug met die dorp\nverbind, is wel herstel&nbsp; na ontwrigtende bouwerke\nen diefstal van plafeistene.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om af te sluit. Ons bly teleurgestel dat\noor die afgelope vyf jaar bitter min gedoen is om die Fietsplan uit te voer.\nOns vertrou dat die nuwe NMT-beleid en die gekombineerde NMT-plan sal lei tot\n\u2018n begroting wat hierdie plan sal begin uitvoer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons bly vas oortuig dat fietry een van die\ngoedkoopste, gesondste en groenste maniere is om die verkeersdruk en\nparkeerprobleme op Stellenbosch te help verlig en ons bly verbind tot die ideaal\nom veilige fietsry, in hoofsaak pendelry, &nbsp;binne die bereik van die meeste Stellenbossers\nte bring.<\/p>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<a href=\"#_msoanchor_1\">[<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<a href=\"#_msoanchor_2\">[<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was inderdaad \u2018n ongewone jaar. Ons het goed afgeskop, en met die inperking het ons voortgegaan met ons weeklikse vergaderings op zoom. Ons het die jaar op 23 Januarie begin as aktiewe deelnemers aan \u2018n werkswinkel by die US se Fakulteit Ingenieurswese om leerders wiskunde en fisika te leer met die fiets as leermiddel. &hellip; <a href=\"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/?p=547\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Stellenbosch Fietsry &#8211; Jaarverslag 2020<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":548,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[7],"tags":[],"class_list":["post-547","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-annual-reports"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/547","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=547"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/547\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":621,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/547\/revisions\/621"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/548"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=547"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=547"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.stellenboschfietsry.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=547"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}