Ons wil graag elkeen hartlik bedank wat die Bosfietsberaad 2022 van Stellenbosch Fietsry en Stellenbosch Trail Fund op Woensdagaand 9 November by Neil Ellis-Wyne bygewoon het.
Ek wil graag almal bedank wat fietsry, want was dit nie vir julle nie sou ons nie die groot nuus gehad het dat die Stadsraad op 26 Oktober vanjaar die nuwe NMT-beleid en die NMT-meesterplan en Fietsplan goedgekeur het nie.