Ek kom uit België en ry al 60 jaar fiets, beide na skool en universiteit, asook na die winkel en werk.
Deur hierdie gewoonte het ek ‘n ware buitelugliefhebber geword. Ek het ‘n sportiewe en gesonde leefstyl ontwikkel en het al meer omgewingsbewus begin leef.
Gedurende die week ry ek gemiddeld 5 tot 15 km per dag, terwyl ek oor naweke langer ritte doen: 50 km op die padfiets of 20 km op die bergfiets.
Ek besit vier fietse, elk vir ‘n spesifieke doel:
• Stadsfiets vir werk en inkopies.
• Bergfiets in die herfs en winter.
• Padfiets vir lang ritte op die pad in lente en somer.
• Hibriede fiets (tussen ‘n padfiets en ‘n stadsfiets) vir nat paaie of as reën voorspel word voor die naweke se langer ritte.
Belangrike wenke vir fietsry na werk
• Goeie ligte vir sigbaarheid.
• ‘n Helm vir veiligheid.
• Ekstra klere vir reën of hitte.
• ‘n Veilige bêreplek vir jou fiets.
Hoe kan Stellenbosch meer fiets-vriendelik word?
1. Motorvrye strate in die dorpskern
• Verbied motor- en busverkeer in sekere strate, soos Kerkstraat en Pleinstraat.
• Maak hierdie strate eksklusiewe fiets- en stapareas.
• Plaas intrekbare paaltjies sodat afleweringsvoertuie slegs vroegoggend kan aflaai.
2. ‘n Nuwe verkeersisteem vir motors
• Skep ‘n sirkelroete rondom die dorpskern en maak sekere strate eenrigtingverkeer.
• Verban busse uit die middedorp en stel af- en oplaai-punte aan die buitewyke van die dorp.
• Voorsien veilige parkeerareas net buite die dorp waar motors vir twee uur gratis kan staan.
3. Fietsstrate instel
• In hierdie strate het fietsryers voorrang en motors mag hulle nie verbysteek nie.
• Dui dit aan met ‘n groot fietssimbool op die teerpad en ‘n groen middelstrook.
• Beperk die spoed tot 25 km/u.
4. Veiliger strate met slote
• Laat voetgangers aan een kant van die pad stap en maak die ander kant eksklusief vir fietsryers.
• Gebruik sulke strate as deel van die sirkelroete vir motors (bv. Dorpsstraat).
5. Onderhoud en beligting
• Hou fietspaaie goed in stand en herstel of verwyder gevaarlike boomwortels wat die pad oplig.
• Verseker goeie beligting op gevaarlike punte.
Nog iets: Ek vind die fietspad langs die Eersterivier pragtig. Dit is heerlik om daarlangs fiets te ry en prakties om na die winkels te gaan. Dit sou wonderlik wees as daar ook ‘n fietspad vir stadsfietse parallel met die R44 van Stellenbosch na die Strand kon wees, langs die agterliggende wynlandgoedere.
Met hierdie verbeterings kan Stellenbosch ‘n veiliger en aangenamer plek word vir fietsryers!