
Mason’s Bike Inn verskaf nou veilige fietsparkering in die middedorp

Ek ry al 18 jaar lank fiets werk toe, winter en somer, eintlik orals, nie net werk toe nie. Ek is nog nooit omgery en het nog nooit geval nie.
Dis net ‘n plesier om te ry, fiets ry hou my fiks en ek betaal nie petrol of taxigeld nie. As jy jou fiets oppas, hoef jy omtrent net jou bande te vervang van tyd tot tyd.
Ek ry van Garden City in Idasvallei na Academia by die Universiteit waar ek werk, so 16 km heen en weer per dag.
Dis ‘n gewone bergfiets, hou homself in stand.
Ry eerder fiets as taxi, want jy het geen verkeersprobleme nie. Ry stiller paaie waar daar minder motors is. Moet nie jaag nie, ry rustig
Daar is te veel motors in die dorp. Wat my opval, is dat die oorsese studente lief is vir fiets ry en Stellenbossers kan leer by hulle. Taxis wat voor fietsryers injaag en nie wag by kruisings nie, pla my. Fietsbane moet duideliker gemerk word.