Stellenbosch Fietsry- Jaarverslag 2021

Ons is dankbaar dat 2021 ‘n beter jaar was as 2020 deurdat ons min of meer normaal kon voortgaan met ons bedrywighede, en weer weekliks kon vergader.

Ons fokus was deurentyd om die Munisipaliteit te oortuig om meer geld te begroot om die Fietsmeesterplan van 2015 uit te voer.

Die groot verandering in ons benadering in 2021 was dat ons tot die gevolgtrekking gekom het dat ons nie net veilige fietsry kan bevorder nie sonder om ook te dink aan voetgangers, rolstoelgebruikers, inderdaad aan alle kwesbare padgebruikers soos ook bejaardes, kinders, ouers met stootkarretjies en skaatsplankryers nie.

Ons het ook onderneem om verhoudings te bou met alle groepe wat kwesbares soos hierbo verteenwoordig.

Continue reading Stellenbosch Fietsry- Jaarverslag 2021

Stellenbosch Fietsry – Jaarverslag 2020

Dit was inderdaad ‘n ongewone jaar. Ons het goed afgeskop, en met die inperking het ons voortgegaan met ons weeklikse vergaderings op zoom.

Ons het die jaar op 23 Januarie begin as aktiewe deelnemers aan ‘n werkswinkel by die US se Fakulteit Ingenieurswese om leerders wiskunde en fisika te leer met die fiets as leermiddel. Leerders van skole in die Skiereiland  en Stellenbosch het deelgeneem en dit was deel van ‘n projek tussen Stellenbosch Fietsry en die Innovasiefabriek (Innovationsmanufaktur) van prof Eckehard Moritz in München. Kontak met prof Moritz gaan steeds voort.

Continue reading Stellenbosch Fietsry – Jaarverslag 2020

Stellenbosch Fietsry: Jaarverslag, Desember 2016

In die tweede jaar van sy kort bestaan, het Stellenbosch Fietsry van krag tot krag gegaan en verskeie projekte van stapel laat loop en verhoudinge verstewig met instansies.

Wat was die hoogtepunte?

  • Ons het ‘n suksesvolle Bosfietsberaad 2 verlede jaar van  4- 6 Desember gehou.
  • Goeie verhoudinge is gevestig met die PPA (Trapkragvereniging). Die PPA het geld toegeken vir vier projekte, te wete, Ry Fiets skool toe, Ry fiets werk toe, die opstel van kaarte en fietspad-tekens.
  • Goeie verhoudinge duur voort met die Munisipaliteit, veral met mnr. John Muller, waarnemende Bestuurder: Vervoer, NMT en Openbare Vervoer
  • Fietstoerisme: SF was medegids vir ‘n Bloggers-toerismerit op 19 April  langs die Eersterivier.
  • SF het ‘n groep Nederlands-Vlaamse studente gelei op ‘n Dorps- en Rivierroete op 1 Augustus. Hierdie ritte is die begin van Fietstoerisme in en om ons dorp op pendelfietse.
  • Twee inspeksies van Marais-Merrimantrajek vir afronding: 13 Junie met mnr. Nigell Winter en 29 Oktober met mnr. John Muller. Ons is dankbaar vir vordering,  soos nuwe houtpaaltjies om die NMT-paaie vry van motors te hou, maar daar is nog probleme met gepaste bordtekens, verfwerk op paaie en randstene.
  • SF het gesorg vir tweerigting-verkeer vir fietsryers in Jannasch-straat, wat nou eenrigting is.
  • Vergader met nuwe Burgemeesterskomiteelid vir Infrastruktuur, Jan de Villiers, op 20 September, waar die volgende bespreek is:
Continue reading Stellenbosch Fietsry: Jaarverslag, Desember 2016