Fietsportret: Ivann Kirsten (tandarts)

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?

Ek ry nou sedert Desember 2014 permanent praktyk, koffie en ontbyt toe met die fiets. Die enigste uitsonderings is dae wanneer die weer donker, nat of sommer net “oneerlik” is.

  1. Hoe het dit jou lewe verander?

In die oggend slinger ek af dorp toe en die wind waai my kop en glimlag oop. In die middag brand ek dit volspoed huis toe en maak asof ek baie fiks is…”fake it until you make it”.

  1. Waarheen is jy oppad en hoe ver ry jy elke dag?

Ek pendel orals heen as ek nie iemand vervoer of met inkopies hoef terug te keer nie……so vier tot agt kilometer per dag (as ek nou nie doelbewus gaan oefen nie).

  1. Vertel ons meer van jou fiets

Die verhouding tussen ‘n man en sy fiets is diep en belangrik en oor sulke goed praat mens nie uit nie.

  1. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

Begin môre-oggend.

  1. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Ware fietsers wil vinnig ry en is so jaloers op hul momentum soos groot trokke…..as ek spoed verloor,  moet ek weer hard werk om in te haal.  As fietsbane beplan word,  onthou ons ry vining en ‘n fiets kan ‘n voetganger baie ernstig beseer. Die bane moet nie gedeel word met mense wat loop of draf nie. My voorstel is ‘n deur randsteen afgebakende padskouer, duidelik gemerk vir fiets-gebruik en asseblief onthou tog nat verf gly! Laastens kort ons ‘n parkeer- of stoorstelsel vir fietse so duur soos motors en so kosbaar soos prinsesse, al betaal ons baie daarvoor.

Ride In staff show their support for Bike to Work

Ride In in Jonkershoek made sure their staff showed visitors that there is more to cycling than only mountain biking in the beautiful valley, by wearing their Bike to Work t-shirts to work on Friday. Thanks Gavin and team, also for allowing Carlton Reid to give a talk on Sunday at your place that kicked off  the town’s first-ever  #biketowork week. From left to right, Sandra Louw, Portia Fosakhe, SiBongile Gama, Lilian McKelly and Sibusiso Mzizi.

Akkerdoppie (dis mos ons logo) se top wenke wanneer jy fiets ry werk toe

  • Kry mekaar by jul gunsteling-koffiekroeg vir koffie of ontbyt voor werk, of nog beter, ry saam werk toe.
  • Laat jou fiets gratis nasien by deelnemende fietswinkels, soos Masons
  • Deel wenke oor veilige roetes werk toe, vermy besige kruisings indien moontlik, leer sodoende sommer jou dorp ken deur systrate te gebruik
  • Vra jou werkplek om veilige parkering en selfs stortgeriewe te verskaf
  • Bespaar petrol en parkeergeld, wat meer soek ‘n pendelaar
  • Maak oogkontak met motorbestuurders en maak seker hy/sy sien jou
  • Kyk oor jou skouer, en voor jou, jy  wil nie in ‘n leivoor beland nie
  • Gee die regte padtekens betyds
  • Beste van alles, jy verloor gewig, en kom gesond en gelukkig by die werk aan, veel minder gespanne en in ‘n goeie bui
  • En ontmoet nog fiets-bostrappers Vrydagmiddag die 16de by ons rally van 1400 tot 1800, sien ons program