Fietsportret: Isabelle Vanschoonbeek

Ek kom uit België en ry al 60 jaar fiets, beide na skool en universiteit, asook na die winkel en werk.

Deur hierdie gewoonte het ek ‘n ware buitelugliefhebber geword. Ek het ‘n sportiewe en gesonde leefstyl ontwikkel en het al meer omgewingsbewus begin leef.

Gedurende die week ry ek gemiddeld 5 tot 15 km per dag, terwyl ek oor naweke langer ritte doen: 50 km op die padfiets of 20 km op die bergfiets.

Ek besit vier fietse, elk vir ‘n spesifieke doel:
• Stadsfiets vir werk en inkopies.
• Bergfiets in die herfs en winter.
• Padfiets vir lang ritte op die pad in lente en somer.
• Hibriede fiets (tussen ‘n padfiets en ‘n stadsfiets) vir nat paaie of as reën voorspel word voor die naweke se langer ritte.

Belangrike wenke vir fietsry na werk
• Goeie ligte vir sigbaarheid.
• ‘n Helm vir veiligheid.
• Ekstra klere vir reën of hitte.
• ‘n Veilige bêreplek vir jou fiets.

Hoe kan Stellenbosch meer fiets-vriendelik word?
1. Motorvrye strate in die dorpskern
• Verbied motor- en busverkeer in sekere strate, soos Kerkstraat en Pleinstraat.
• Maak hierdie strate eksklusiewe fiets- en stapareas.
• Plaas intrekbare paaltjies sodat afleweringsvoertuie slegs vroegoggend kan aflaai.

2. ‘n Nuwe verkeersisteem vir motors
• Skep ‘n sirkelroete rondom die dorpskern en maak sekere strate eenrigtingverkeer.
• Verban busse uit die middedorp en stel af- en oplaai-punte aan die buitewyke van die dorp.
• Voorsien veilige parkeerareas net buite die dorp waar motors vir twee uur gratis kan staan.

3. Fietsstrate instel
• In hierdie strate het fietsryers voorrang en motors mag hulle nie verbysteek nie.
• Dui dit aan met ‘n groot fietssimbool op die teerpad en ‘n groen middelstrook.
• Beperk die spoed tot 25 km/u.

4. Veiliger strate met slote
• Laat voetgangers aan een kant van die pad stap en maak die ander kant eksklusief vir fietsryers.
• Gebruik sulke strate as deel van die sirkelroete vir motors (bv. Dorpsstraat).

5. Onderhoud en beligting
• Hou fietspaaie goed in stand en herstel of verwyder gevaarlike boomwortels wat die pad oplig.
• Verseker goeie beligting op gevaarlike punte.

Nog iets: Ek vind die fietspad langs die Eersterivier pragtig. Dit is heerlik om daarlangs fiets te ry en prakties om na die winkels te gaan. Dit sou wonderlik wees as daar ook ‘n fietspad vir stadsfietse parallel met die R44 van Stellenbosch na die Strand kon wees, langs die agterliggende wynlandgoedere.

Met hierdie verbeterings kan Stellenbosch ‘n veiliger en aangenamer plek word vir fietsryers!


In reaksie op SF se beswaar dat daar nie vir fietsry begroot word nie, het die Munisipaliteit as volg gereageer

Date: 31 August 2020

Dawtd Botha Stellenbosch Cycling

Email: dawidbotha.za@gmail.com Attention: Mr Dawid Botha

Dear Mr Botha

RE: DRAFT THIRD REVIEW OF THE FOURTH GENERATION IDP AND DRAFT MTREF BUDGET 2020/21

The Stellenbosch Municipality would like to thank you for taking the time to  peruse,  and  to provide feedback on, the Draft Third Review of the Fourth Generation Integrated  Development Plan (IDP) 2017 – 2022 and Draft Medium Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) (Draft Budget) for the 2020/21 financial year.

The Municipality periodically compiles Roads, Transport and Non-Motorised Transport (NMT) plans and continually updates these plans as they are used, amongst other things, to inform decision making.

The implementation of any intervention contained in a plan would still require further processing, before a project is implemented, the needs of the Municipality /community are assessed and priorities are assigned (to each project). Due to limited resources, only projects that receive a very high priority, as well as top management approval – are assigned a portion of the Municipal budget.

Historically the roll out of infrastructure especially in low income areas have been lacking. Over the past 5 years, there has been an enormous outcry from these communities for improved sidewalk infrastructure. Following an assessment of these requests, it was determined that these requests should receive priority. Therefore, the focus of the Municipality’s resources over the past 5 years was the roll out of basic sidewalk infrastructure in these areas.

The Cycle Plan is a valuable document, that will in future be updated and incorporated into the overall NMT plan, the roll out interventions highlighted in the Cycle Plan will be implemented once the backlog of basic sidewalk infrastructure has been addressed.

Gurswin Cain

Manager IDP/PMS/PP

1 September 2020

Beswaar van Stellenbosch Fietsry teen die 2020/21 Munisipale begroting

Dawid Botha, voorsitter van Stellenbosch Fietsry, het op 6 Mei hierdie brief aan die Munisipaliteit gerig en die volgende beswaar aangeteken.

Dit is met groot teleurstelling dat ons weer moet verneem dat daar feitlik geen geld virdie aanstaande boekjaar toegewys is aan geriewe vir die bevordering van veilige fietsry op Stellenbosch nie, terwyl miljoene rande begroot word vir sypaadjies.

Ons is nie teen die verbetering van sypaadjies nie, maar ons vra vir ‘n  meer regverdige verdeling van fondse.

Daar is ‘n dringende nood vir veilige fietsryroetes in ons hele dorp. As organisasie kry ons gedurig versoeke vir meer veilige fietspaaie.

Daar is ‘n goeie en goedgekeurde Fietsplan wat in 2015 deur die Raad aanvaar is. Die plan stel ook stapsgewys voor hoe die plan uitgevoer moet word.

Dit het nog nie gebeur nie!

Ons versoek is dus nie in die lug nie, maar volgens ‘n deeglik uitgewerkte plan.

Die Fietsplan bepaal ook prioriteite wat ons as Stellenbosch Fietsry al meermale met die Burgemeester, Burgemeesterskomiteelid vir Infrastruktuur, die Direkteur Infrastruktuur en die Hoof: Paaie en Stormwater bespreek het.

Die plan het voorstelle vir veilige fietsry vir feitlik elke straat/pad in die breër gemeenskap van Stellenbosch – beslis nie net vir die middedorp nie!

Soos met sypaadjies, maak inwoners van alle gemeenskappe gebruik van fietsgeriewe, en is Stellenbosch meestal onveilig vir kwesbare fietsryers, veral diegene wat na hul werk en ander bestemmings pendel.

Ons versoek is dus dat u die voorstelle soos vervat in die Fietsplan aanspreek, en beduidend aanspreek aangesien fietsryers saam met voetgangers die mees kwesbare gebruikers van ons paaie is.

Met dank

Dawid Botha

Voorsitter: Stellenbosch Fietsry



Fietsportret: Marike van der Watt (PhD-student)


1.       Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?

Ongelukkig nog nie lank genoeg nie, en dit het ‘n Belgiese draai gekos om my by hierdie punt te kry. In 2018 het ek en my gesin in Leuven gewoon vir navorsing, en danksy die goeie openbare vervoer het ons besluit om die jaar karloos deur te sien. In Leuven het ons slegs twee kilometer van die stasie af gewoon en 600m van die naaste winkels af, maar ná ‘n ruk raak die gestap stasie of kampus toe ‘n berg, en ek was dankbaar toe ‘n vriend sy plooifiets vir my aangebied het waarmee ek my reistyd aansienlik kon verkort. Die fiets is toe ook gerieflik ingespan vir inkopietogte, want jou mandjie kruideniersware raak gou ‘n ton as jy moet terugstap huis toe. By ons terugkeer na Stellenbosch het ons besluit om ons fietsrygewoontes so veel as moontlik voort te sit. Stellenbosch is meer uitgespreid as Leuven (en dis nie so plat nie!), maar ek geniet dit om met my fiets te ry en kan nie glo dat ek voorheen so vinnig in die kar gespring het vir kort afstande nie.

2.       Hoe het dit jou lewe verander?

As ek met my fiets ry, hoef ek nooit soos die Israeliete sewe dae om Jerigo se mure te trek en op ramshorings te blaas voor ek gelukkig genoeg is om ‘n parkeerplek in die dorp te kry nie. Ek kan my fiets orals gratis parkeer en  by my departement (in die Lettere-gebou op die kampus) boonop in ‘n fietsloods agter slot en grendel. Dit is seker die mees voor die hand liggende kwaliteite van my fietsryery. 

Ek het ook besef ek koop regtig baie meer oordeelkundig as ek vinnig by die winkel stop op pad terug huis toe: daar is net soveel plek in my fietsmandjie, en my rugsak kan nie oorlaai word nie. Gevolglik ek dink twee maal voor ek  iets koop. 

In spitsverkeer ry ek teen my gewone spoed terug huis toe en kom waarskynlik vroeër by die huis as wanneer ek met die kar sou ry. 

As ‘n ma sorg my fiets ook vir groter vryheid, en dit is miskien die ingrypendste verandering wat ons nog nie behoorlik omhels het nie. Voorheen was dit te maklik vir die kinders om ‘n rit hierheen of daarheen te versoek, maar nou lag ek in my mou as ek laat weet ek is met my fiets in die dorp. Ons kinders word dus ook gedwing om meer fiets te ry en self meer onafhanklik te wees. Dit is ongelukkig nie altyd moontlik nie. In die wintermaande was dit maar donker Bloemhof toe in die oggende en ‘n tjello of viool saam met ‘n yslike skooltas gaan nie goed werk op ons paaie nie!

3.       Hoe ver ry jy elke dag?

As ek kantoor toe en terug ry is dit net meer as ses kilometer, maar soms moet ek ander draaie in die dorp ook ry wat die afstand bietjie rek. Dit wissel tussen 80-100 km per maand.

4.       Vertel ons meer van jou fiets

My fiets verdien eintlik ‘n storie! In ‘n terloopse gesprek met Patricia Botha het sy my vertel van haar man, Dawid Botha, se stokperdjie om ou fietse te restoureer. Hy het my genooi om te gaan kyk na sy fietse, maar nie een van hulle het (volgens hom) by my gepas nie. Uiteindelik het hy laat weet dat hy iets vir my opgespoor het: ‘n ou KTM uit Oostenryk wat hy met soveel liefde gerestoureer het dat ek byna te bang was om daarmee te gaan ry omdat daar stof op sou kom! Dit is ‘n dorpsfiets, en dit het aanvanklik vreemd gevoel om so laag en regop te sit as ek ry, heeltemal anders as die bergfietse waaraan ek gewoond was. Maar nou is dit vir my baie gemakliker as laasgenoemde.

5.       Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?

Belê in ‘n goedkoop dorpsfiets:  verminder die kanse dat dit gesteel sal word. 

Toets maar die verskillende paaie en roetes dorp toe. Sommige is meer fietsvriendelik as ander. Merrimanlaan is byvoorbeeld effens korter vir my, maar dit voel baie veiliger om in Victoriastraat te ry. 

Gebruik duidelike handseine om jou intensies aan te dui. Maar selfs dan moet jy steeds sorg dat motoriste dit gesien het en vir jou toelating maak. Ongelukkig is ons motoriste nog nie so op fietsryers ingestel nie. Hopelik sal dit verander as meer mense begin fietsry, die voordele daarvan besef, asook hoe blootgestel ‘n fietsryer is! 

6.       Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?

Ek sou graag wou sien dat daar elke 400-500 meter spesifieke sones geskep word waar taxi’s, Ubers en gewone motoriste kan stop om passasiers op en af te laai. Sodoende is fietsryers bewus daarvan en word jou lewe nie in gevaar gestel wanneer jy moet uitswaai vir ‘n voertuig wat op enige plek skielik voor jou stop, of rustig in die fietslaan staan en wag om iemand op te laai nie. 

Meer fietspaaie in die dorp – wat nie bloot as nagedagte met ‘n lagie verf op die besige pad aangedui is nie – sal dit ook veiliger maak. (Sommer net ‘n ander opmerking: soms ry ek wel op die sypaadjie omdat dit veiliger voel in spitsverkeer, maar dan besef ek ook hóé onvriendelik baie sypaadjies in die dorp en op kampus is vir rolstoelgebruikers, mense wat blind of andersins siggestremd is, en ouers met stootwaentjies…)

Ek dink ook ondernemings in die middedorp kan in samewerking met die munisipaliteit spesiale afslag aanbied vir fietsryers.

Surveying commuters in Stellenbosch

The accompanying survey targets people who commute in Stellenbosch, regardless of mode, purpose or frequency.

It seeks to identify commuters’ preferences and characteristics. It also aims to find the barriers and facilitators for cycling in the Stellenbosch area.

This survey is a relevant component of a sustainability research project developed for the Japanese International Cooperation Agency (JICA) developed by United Nations University and University of Tokyo. The core objective is to assess the plausible impact of a Dockless Bicycle Sharing System in Stellenbosch.

Alles wat jy wil weet oor Ry fiets werk toe-week in Oktober 2018

As jy nog redes soek om fiets te ry, nie net werk toe nie, selfs winkels toe, is die yslike petrolpysstyging al genoeg motivering, maar kyk maar self op ons pamflet waarom dit saak maak om soveel moontlik fiets te ry bedags. Help ons deur foto’s te plaas van jou of jou kinders deur die week, want hoe meer mense fiets ry, hoe meer vloei die verkeer in ons dorp en natuurlik, hoe gesonder sal almal nie wees nie. Om nie eens te praat van geselliger nie! Fietsryers is vriendelike mense, want hulle ervaar nie die stres van in verkeersknope sit nie, en groet mekaar waar hulle ook al ry. Word deel van die fietsrevolusie!

Bike to Work and School week in Stellenbosch, 15-19 October 2018

Celebrate our town’s fourth annual Bike to Work week. We want to encourage all commuters, including their employers, to leave their cars at home for one week and cycle to work.

Baie Stellenbossers bly net 2-5 km van hul werkplek. Vanjaar, vir minstens een week, maak jou kop skoon en ry rustig fiets werk toe, terwyl jy verby motorbestuurders ry wat sweet en wurg in die verkeer. Vergeet boonop van soek na parkeerplek, maar die belangrikste van alles, onthou fiets ry is gesonder, groener, geselliger en boonop goedkoper!

Program

  • Kyk uit vir ons “So ry ons fiets in Stellenbosch” video wat in die eerste week van Oktober wyd bekend gestel sal word.
  • Kry mekaar  soggens by fietsvriendelike koffiewinkels van 0730 (moedig mede-pendelryers  aan om te kom koffie drink en hul vriende, kollegas en familie en bure te oortuig om in die BTW-week werk toe te ry).
  • Bestel een van ons Ry fiets werk toe-T-hemde (stuur ‘n boodskap vir Facebook Messenger na ons).
  • Maak gebruik van ons Fietskaart om jou dorp te leer ken, laai dit af by stellenboschfietsry.co.za/?page_id=297.
  • Ouers: organiseer ‘n “skoolbus”, begelei jou kinders en ander in ‘n groep veilig skool toe.
  • Kry inspirasie by ander pendelaars, lees ons fietsportrette op stellenboschfietsry.co.za.
  • Plaas foto’s van jouself, jou gesin of ander ryers op Stellenbosch Fietsry se Facebook-blad of  blog of selfs Twitter (@stellenfietsry)  en Instagram te plaas: voeg by #cycleStellenbosch
  • Donderdagoggend 18 Oktober: Kry ‘n Eikestadnuus by die koerant se kantoor in Alexanderstraat  teen halfprys, daag net met jou fiets op.
  • Vrydagmiddag 19 Oktober: kry mekaar  na werk by Casa Cerveza in Dorpstraat, langs BMT,  van 16:30  vir ‘n glas wyn.

Waarom moet jy fiets ry werk toe?

  • Dis gesond en jy is meer produktief by die werk
  • Vermy verkeersknope, spaar petrolgeld en vergeet van soek na parkeerplek
  • Daag jou vriend, kollega en buurman uit om hul motors by die huis te los en eerder fiets te ry
  • Help ons om Stellenbosch ‘n meer fietsry-vriendelike dorp te maak

Why cycle to work?

  • It is healthy and you are more productive at work
  • Escape traffic congestion, save petrol money and no longer search for parking
  • Challenge your friend, colleague or neighbour to leave their cars at work and cycle with you to work.
  • Help us to make Stellenbosch a more cycle-friendly town

Stellenbosch Cycling is an initiative to encourage everyone to use bicycles for mobility, exercise and fun. Stellenbosch Fietsry is ‘n  Maatskappy sonder winsoogmerk (MSW). Find us on Facebook, Twitter and Instagram or visit our blog on www.stellenboschfietsry.co.za.