- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?
Ek ry nou sedert Desember 2014 permanent praktyk, koffie en ontbyt toe met die fiets. Die enigste uitsonderings is dae wanneer die weer donker, nat of sommer net “oneerlik” is.
- Hoe het dit jou lewe verander?
In die oggend slinger ek af dorp toe en die wind waai my kop en glimlag oop. In die middag brand ek dit volspoed huis toe en maak asof ek baie fiks is…”fake it until you make it”.
- Waarheen is jy oppad en hoe ver ry jy elke dag?
Ek pendel orals heen as ek nie iemand vervoer of met inkopies hoef terug te keer nie……so vier tot agt kilometer per dag (as ek nou nie doelbewus gaan oefen nie).
- Vertel ons meer van jou fiets
Die verhouding tussen ‘n man en sy fiets is diep en belangrik en oor sulke goed praat mens nie uit nie.
- Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
Begin môre-oggend.
- Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Ware fietsers wil vinnig ry en is so jaloers op hul momentum soos groot trokke…..as ek spoed verloor, moet ek weer hard werk om in te haal. As fietsbane beplan word, onthou ons ry vining en ‘n fiets kan ‘n voetganger baie ernstig beseer. Die bane moet nie gedeel word met mense wat loop of draf nie. My voorstel is ‘n deur randsteen afgebakende padskouer, duidelik gemerk vir fiets-gebruik en asseblief onthou tog nat verf gly! Laastens kort ons ‘n parkeer- of stoorstelsel vir fietse so duur soos motors en so kosbaar soos prinsesse, al betaal ons baie daarvoor.