- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk toe?
Ek ry al baie jare van Kayamandi dorp toe en terug
- Hoe het dit jou lewe verander?
Fietsry hou my gesond, keer dat ek oud voel
- Hoe ver ry jy elke dag?
Ek ry sowat 12 km dorp toe en terug. Vroeër jare het ek tot by Muldersvlei gery waar ek op ‘n hoenderplaas gewerk het. Dit was veel makliker om fiets te ry soontoe as met die trein
- Vertel ons meer van jou fiets
Dis ‘n Scott Adventure-bergfiets, ry gemaklik, en ek maak hom self reg as iets verkeerd gaan
- Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
Moenie lui wees nie, selfs wanneer dit reën, ry fiets en kry oefening
- Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Taxis en motors ry te maklik voor jou in, en wys geen respek vir fietsryers nie. Die musiek in motors kan hard en hinderlik wees. Jong mense jaag ook soms deur ‘n rooi robot en sien nie altyd fietsryers raak nie.