Fietsportret: Marius Smith

Marius is ‘n werknemer by Westside-Woonstelblok in Markstraat, Stellenbosch. Hy woon in Cloetesville in Olifantstraat.

Onderhoud en foto: Donna Blagus

  1. Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?

Om eerlik te wees ek kan nie eers meer onthou nie,  maar ek ry al verskriklik lank. As ek moet skat sal dit langer as 20 jaar wees wat ek al my fiets gebruik as vervoermiddel.

  1. Hoe het dit jou lewe verander?

Wel, in dié sin dat ek baie kan sien met my blote oë en dinge kan aanskou. En dit het my lewe so verander dat dit ook my gesondheid bevoordeel het.

 Hoe ver ry jy elke dag?

Ek ry so 15 minute met my fiets werk toe van die huis af. As ek gestap het, sou dit my 30 minute geneem het om van my huis af tot by my werk te kom. Dis baie vinniger om met my fiets te ry as om te stap.

  1. Vertel ons meer van jou fiets

Wat my fiets betrref, omdat ek so afhanklik is van my fiets, want hy bring vir my van een plek tot waar ek wil wees, kyk ek na hom om soos enige ander mens sou kyk na hul motor as vervoermiddel. Ek gee daarom baie aandag aan my fiets in die sin dat as iets benodig word om my fiets in stand te hou, sal ek uit my pad uit gaan om dit reg te stel. My fiets is vir my van kardinale belang, want ek het nie ‘n motor nie, maar al kry ek die kans om op te gradeer na ‘n motor toe sal ek steeds nie afwyk van my fiets af nie.

  1. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe wil ry?

As ek vir hulle enige raad kan gee, kan ek net raad gee wat fietsry persoonlik aan my doen. Daa’rs ‘n hemelsbreë verskil tussen fiets ry en om met jou motor te ry. Ja, altwee is baie gevaarlik, maar fietsry is vir my meer opwindend, want jy is meer in die natuur en om en tussen mense. En jy kan ook gouer ontsnap as daar ‘n gevaar is.

  1. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch?

Eerlik gesproke, vir die lang tyd wat ek al fiets ry, ry ek nie net werk toe met my fiets nie , maar naweke gebruik ek ook my fiets en sal selfs partykeer tot by die Strand ry.  Wat ek kan sien wat fietsry-infrastruktuur betref,  sal ek dit eerlikwaar waardeer as mense wat in spitsverkeer in hul motors ry bietjie meer spasie  vir die fietsryers gee op die pad. Staanplek en ryplek is van kardinale belang vir ‘n fietsryer, net soos ‘n motor parkeerplek en bane het, het ‘n fietsryer ook parkeerplek en bane nodig.

Get the latest version of our Stellenbosch Cycling Map now

The second version (December 2017) of our Stellenbosch Cycling Map is now available in print and in electronic format. The latest version of the map features a far more detailed town map and is aimed at tourists and local commuters who would like to discover the town and surrounding areas on city bikes.

The historic town centre of Stellenbosch, the university campus, many neighbourhoods as well as the route along the Eerste River are flat areas and ideal for easy, smooth cycling.

For the more adventurous biker, there are several good reasons why Stellenbosch, with a network of some 500 km of trials, is the mountain bike capital of South Africa. Some of the access routes to mountain bike routes are easily accessible as scenic routes.

Copies of the map are available at all local cycle shops, Stellenbosch 360 in Market Street, hotels and guesthouses or download the latest electronic version.

It’s Bike to Work and School Week in Stellenbosch in October

In October we would like to see even more people on bikes. From 16 to 20 October it will again be Bike to Work and School Week in Stellenbosch.

During this week we encourage everyone to cycle to work and leave their cars at home. If you don’t have a bike, borrow or rent one, it is so easy.

The more people ride their bikes, the safer our roads will become, which will also help us to convince the authorities to attend to our request for safer cycle routes. Cycling is far cheaper than driving a car, and even faster if you live 8-10 km from your workplace, plus parking is free.

Rather breathe in fresh air than sit in a traffic jam. When you arrive at work, you will also be in a far better mood.

Get on your bike! It is fun and healthy

Launch of Stellenbosch Cycling Routes Map

Die Stellenbosch-fietsryroeteskaart het pas verskyn.

Die kaart is gemik op besoekers sowel as plaaslike fietsryers. Dit is ‘n gids tot fietsry in die dorp asook toegangsroetes tot bergfietsroetes in die omgewing.

The access routes can also be enjoyed as scenic routes. Contact details for  the MTB trails are provided.

Vir die eerste keer word die Eersterivier-fietsroete as pendel- en toeristeroete aangedui en beskryf.

The PDF version can be downloaded, printed and folded for personal use. Please comment on our blog for future improvements.

MTB_A3_Bike_Map_Brochure_July2107 (2)

 

Big boost for cycle paths and locking facilities in Stellenbosch municipal budget

There is good news for cycling and NMT in the newly approved municipal budget.

Non-motorised transport to improve the transport situation has been budgeted for as follows over the next 3 years:
• Bicycle Lockup Facilities R500,000

• Kayamandi Pedestrian Crossing (R304, River and Railway Line) R5,000,000

• Pedestrian and Cycle Paths R4,000,000

• Sidewalk Implementation R1,800,000

Why you should explore Stellenbosch by bike

The historic town centre of Stellenbosch and many of its neighbourhoods are flat and ideal for easy, smooth cycling.

Once you have discovered the joy of cycling here, it is difficult to get back into a car again. Just ask any resident or student on a bike. Discover the best and safest routes and you will be on your way.

Few people know that there are safe cycle paths along the Eerste River all the way through town. On this route you can reach a number of destinations and experience the beauty of the tranquil river and view the majestic surrounding mountains. There is also a safe cycle path up the Jonkershoek Valley.

One of the great advantages of cycling in Stellenbosch is that you can stop anywhere to shop, have coffee, visit a museum, attend a meeting or talk to friends because you have no parking problems! And you will never have a problem with traffic jams.

One tip:  be attentive to some uninitiated motorists – they must keep 1m away from you by law.

For the more adventurous biker, there are several good reasons why

Stellenbosch, with a network of some 500 km of scenic trails, is regarded as the mountain bike capital of South Africa.

Stellenbosch will host a leg of the UCI Mountain Bike World Cup in March 2018. The event will be televised to many countries and the town expect a large number of mountain bikers and supporters.

Stellenbosch is also the end destination of the exciting new Cape Cross Cycle Route, a 750 km cycle route network stretching all the way from Plettenberg Bay to Stellenbosch, mapped by the Western Cape government to promote cycle tourism.

Existing trail networks around town are all under formal management and range from privately-owned scenic wineries to mountain slopesWhere to find information about MTB routes, maps and permits required?

  • Jonkershoek/ Assegaaibosch: telephone no: 021 886 1560
  • Eden/Paradyskloof: free entry
  • Banhoek Conservancy: telephone no: 083 325 5840
  • Dirtopia: telephone no: 021 884 4752
  • Bottelary Hills: buy permits at Devonvale, Asara or Hazendal

Please take care. Note that trails are constantly changing and riders should use these trails with caution and ride in groups if possible.

Where to hire city or mountain bikes?

  • BMT Cycle Shop: C/o Dorp and Market Street. Contact no: 021 8873417
  • Ride Inn: Jonkershoek Road. Contact no: 021 8833985
  • Adventure Shop: Market Street. Contact no: 021 8828112

 

Stellenbosch Cycling is an initiative to encourage everyone to use bicycles for mobility, exercise and fun.  Find us on Facebook: Stellenbosch Fietsry/Cycling, Twitter: @stellenfietsry or for more information visit our blog on. www.stellenboschcycling.wordpress.com. Please use the hashtag #cycleStellenbosch for all posts.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Almal op fietse is vanjaar se Bosfietsberaad-tema

Die jaarlikse Bosfietsberaad op Stellenbosch – vanjaar van 1 tot 3 Desember – is die plek waar fietsryers kan bymekaar kom en saampraat oor fietsry, saam kan beplan oor fietsry en ook saam projekte kan begin om fietsry te bevorder.

Dis ook die plek waar fietsryers na nuwe planne en gedagtes in ons omgewing en oor die wêreld kan luister.  Bergfietsryers, padfietsryers, en veral ook gewone pendelfietsryers en ontpanningsfietryers.

Ons tema vanjaar is:  Almal op Fietse! 

Ons het  tot die slotsom gekom dat na alles wat ons beplan en bespreek, is al manier om fietsry te bevorder, beter geriewe vir fietsryers te skep en om motorryers en besluitnemers meer te laat kennis neem van fietse. is om meer fietse op ons paaie te hê.

Dan sal ons die veilige fietsbane en fietsaaie kry wat ons soek, die verkeersgekalmeerde middedorp en woongebiede kry warna ons na strewe, en die gelyke geleenthede met voetgangers en motors kry wat ons NMT-beleid voorskryf.

En dan sal ons ook geld kry om ons omvattende Fietsplan uit te voer. Dan word ons werklik die Fietshoofstad van die land – 200 jaar na die onststaan van die fiets in 2017.

Stellenbosch Fietsry: Jaarverslag, Desember 2016

In die tweede jaar van sy kort bestaan, het Stellenbosch Fietsry van krag tot krag gegaan en verskeie projekte van stapel laat loop en verhoudinge verstewig met instansies.

Wat was die hoogtepunte?

  • Ons het ‘n suksesvolle Bosfietsberaad 2 verlede jaar van  4- 6 Desember gehou.
  • Goeie verhoudinge is gevestig met die PPA (Trapkragvereniging). Die PPA het geld toegeken vir vier projekte, te wete, Ry Fiets skool toe, Ry fiets werk toe, die opstel van kaarte en fietspad-tekens.
  • Goeie verhoudinge duur voort met die Munisipaliteit, veral met mnr. John Muller, waarnemende Bestuurder: Vervoer, NMT en Openbare Vervoer
  • Fietstoerisme: SF was medegids vir ‘n Bloggers-toerismerit op 19 April  langs die Eersterivier.
  • SF het ‘n groep Nederlands-Vlaamse studente gelei op ‘n Dorps- en Rivierroete op 1 Augustus. Hierdie ritte is die begin van Fietstoerisme in en om ons dorp op pendelfietse.
  • Twee inspeksies van Marais-Merrimantrajek vir afronding: 13 Junie met mnr. Nigell Winter en 29 Oktober met mnr. John Muller. Ons is dankbaar vir vordering,  soos nuwe houtpaaltjies om die NMT-paaie vry van motors te hou, maar daar is nog probleme met gepaste bordtekens, verfwerk op paaie en randstene.
  • SF het gesorg vir tweerigting-verkeer vir fietsryers in Jannasch-straat, wat nou eenrigting is.
  • Vergader met nuwe Burgemeesterskomiteelid vir Infrastruktuur, Jan de Villiers, op 20 September, waar die volgende bespreek is:
Continue reading Stellenbosch Fietsry: Jaarverslag, Desember 2016

Skryf in vir Stellenbosch Fietsry se derde Bosfietsberaad oor Fietstoerisme

Fietstoerisme is die tema van vanjaar se Bosfietsberaad van 2 tot 4 Desember en die hoofspreker is Minister Alan Winde, Wes-Kaapse Minister vir Ekonomiese Geleenthede.

Stellenbosch is tans een van die gewildste bestemmings vir fietsryers en die konferensiegangers sal soos in die verlede weer ‘n paar mooi roetes verken tussen die besprekings en aanbiedings.

Minister Winde, self ‘n kranige fietsryer,  sal tydens die dinee op Saterdagaand praat oor die nuutste verwikkelinge in Fietstoerisme.

Die konferensie begin af met ‘n skemeronthaal om 17:00 op Vrydagaand 2 Desember in die Erfurthuis in Reyneveldstraat. Daarna sal daar ‘n aanbieding oor fietstoerisme ter voorbereiding van Fietstoerisme-maand op Stellenbosch in Maart aanstaande jaar wees. Dit word gevolg  deur die kort jaarvergadering van Stellenbosch Fietsry.

Op Saterdagoggend 3 Desember begin daar om 08:30 ‘n Rivierrit van die brug by Aan-de-Wagenweg al langs die Eersterivier tot by die Hangbrug by Vergenoeg. Dr Richard De Villiers sal die deelnemers halfpad by die Landbousaal tydens koffie toelig oor die Stellenbosch Trail Fund se nuwe en beplande roetes in Koloniesland, langs die Eersterivier en in die landelike ongewing. Die rit eindig by Lanzerac waar Elmarie Rabe, hoof van die Stellenbosch Wynroetes, sal praat oor hoe fietstoerisme aansluit by wyntoerisme.

Op Saterdagaand om 19:00 is die dinee by die Blue Crane & the Butterfly in Dorpstraat . Dit is ook waar Minister Winde sal praat en die bespreking sal lei oor ontwikkelinge in fietstoerisme.

Op Sondagoggend 4 Desember kom almal om 09:00 bymekaar vir koffie by  Häzz in Reyneveldstraat en vertrek daarna op ‘n rustige rit vir die hele gesin vir ontbyt op die Blaauwklippen-wynplaas.

Die konferensiefooi is R150 per persoon en sluit in die skemeronthaal op die Vrydagaand en die dinee op Saterdagaand sowel as die lidmaatskap van Stellenbosch Fietsry. Die ander geleenthede is vir eie rekening.

Inskrywings het reeds gesluit.

Hou ook ons Facebook blad en Twitter dop vir  meer detail.