10 – 14 October 2016
We want to encourage commuters, including their employers, to leave their cars at home for one week and cycle to work.
Celebrate our town’s second Bike to Work week, help us to encourage even more cyclists to hop on their bikes this year.
Baie Stellenbossers bly net 2-5 km van hul werkplek. Vanjaar, vir minstens een week, maak jou kop skoon en ry rustig fiets werk toe, terwyl jy verby motorbestuurders ry wat sweet en wurg in die verkeer. Vergeet boonop van soek na parkeerplek, maar die belangrikste van alles, geniet die buitelug, want fietsry is pret en gesond vir jou.
Program
- Kry mekaar soggens vroeg in Ryneveldstraat op Hazz of BMT Grind se stoep van 0730 (moedig mede-pendelryers aan om te kom koffie drink teen afslag deur met hul fietse op te daag en hul vriende, kollegas en familie en bure te oortuig om in die BTW-week werk toe te ry)
- Plaas foto’s van jouself of ander ryers op Stelllenbosch Fietsry se Facebook-blad, blog, Twitter of Instagram te plaas, gebruik #cycleStellenbosch as jy kan.
- Donderdagoggend 13 Oktober: Kry ‘n Eikestadnuus by die koerant se kantoor in Alexanderstraat teen halfprys, daag net met jou fiets op
- Donderdagmiddag 13 Oktober: Werksessie in Erfurt-huis om 13:00, waar die kampus en munisipaliteit ook verteenwoordig sal wees.Kom sê jou sê oor wat kan gedoen word om veilige parkering vir fietsryers in die middedorp te verskaf
- Vrydagmiddag 16 Oktober: kry mekaar na werk by Bartinney in Birdstraat vir ‘n glas wyn en wen vir oulaas ‘n prys of twee.
- Besoek die Openbare Biblioteek in Pleinstraat vir ‘n uitstalling oor die voordele van pendel-fietsry en deel jou eie ervaringe op ons blog of Facebook-blad.
Waarom moet jy fiets ry werk toe?
- Dis gesond en jy is meer produktief by die werk
- Vermy verkeersknope, spaar petrolgeld en vergeet van soek na parkeerplek
- Daag jou vriend, kollega en buurman uit om hul motors by die huis te los en eerder fiets te ry
- Help ons om Stellenbosch ‘n fietsry-vriendelike dorp te maak
Why cycle to work?
- It is healthy and you are more productive at work
- Escape traffic congestion, save petrol money and no longer search for parking
- Challenge your friend, colleague or neighbour to leave their cars at work and cycle with you to work.
- Help us to make Stellenbosch a cycle-friendly town
The Stellenbosch Bike to Work week project is proudly supported by the Pedal Power Association.
Stellenbosch Cycling is an initiative to encourage everyone to use bicycles for mobility, exercise and fun. Stellenbosch Fietsry is ‘n Maatskappy sonder winsoogmerk (MSW). Find us on Facebook, Twitter or visit our blog on www.stellenboschcycling.wordpress.com.