Welcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!
Fietsportret: Shany van den Berg (kunstenares)
- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?
So om en by nege jaar.
- Hoe het dit jou lewe verander?
Fietsry is vinnige vervoer in Stellenbosch, boonop het ek geen parkeerprobleme nie en dis mos baie lekker.
- Hoe ver ry jy elke dag?
Dit is moeilik om te sê, maar ek ry minstens twee tot drie keer per dag, soos na die “gym”. Ek koop ook my kruideniersware, net genoeg vir my koelsak en my aanknipsak, asook hout, ensovoorts (onthou rekke is belangrik !)
- Vertel ons meer van jou fiets
Ek het n Giant-opvoufiets en hy gaan oral saam met my, selfs Kaap toe vir ontspanning op die Promenade en nou onlangs na die KKNK waar ek ‘n uitstalling gehad het en maklik tussen “shows” kon rond beweeg het.
- Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
As jy twyfel of jy op die pad kan ry, ry eerder op die sypaadjie met die hand op die klokkie en oorweeg definitief ‘n heerlike en gerieflike aanknipsak op die rooster
- Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Waar moontlik, het ons meer fietsrybane en genoeg veilige fietsrakke nodig. Hierdie fiets is nou al my derde fiets in nege jaar. Ja, my fietse word graag gesteel, maar nou het ek ‘n dik ketting!
Fietsportret: Annalise Willems (59)
- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?
Ek het as kind van negejarige ouderdom na die ou Laerskool Bloemhof fiets gery en later na Hoërskool Bloemhof. Dit was van ons lekkerste kuier- en geselstye daardie…bondels vrolike kinders na en van die skole. Later het ons in Die Boord gewoon en het ek gereeld met my kinders op hul fietse oor die groot Boord/Strandpad-kruising gery skole en Spar toe. Van ons lekkerste familieritte was aan die linkeroewer van die Eersterivier tot by Jonkershoek se hek, en dan met die pad langs terug. Vir die uitstappies is kleintjies op klein fietsies en babas op fietsstoeltjies almal in die vallei op. Vandag is daardie pad ongelukkig gesluit. Nou woon ons weer in die middedorp en gaan ek na die meeste plekke in die dorp met my fiets. Ek het sakke aan my fiets, en ‘n mandjie en kan verbasend baie inkopies in daardie sakke laai. Ek hoef nooit vir parkeerplek te soek nie. Dis heerlik!
2. Hoe het dit my lewe verander?
Ek kan baie gouer dorp toe vlieg verby lang toue motors. Ek hoef nooit kwaad te word vir te min parkering en parkeerassistente nie. Ek parkeer reg waar ek wil wees. Dis gesonder om fiets te ry. Jy kry oefening en het tyd om rond te kyk terwyl jy ry!
3. Hoe ver ry jy elke dag?
Ek ry nie ver nie. Altans nie as ek vir “besigheid’ moet dorp toe ry nie. Maar dis vinniger as stap en baie makliker as motorry. Ek en my man hou wel ook daarvan om met die fiets vir oefening rond te ry en geniet al die wonderlike fietspaaie wat nou oral hier om ons dorp is.
4. Vertel ons meer van jou fiets
My fietse: my dorpfiets is my ou damefiets. “Sy” is seker omtrent 70 jaar oud en het behoort aan ‘n familielid van ons van België. Sy is ‘n Raleigh en weeg ‘n ton. As ek op haar ry, voel ek soos ‘n koningin. Ek sit kiertsregop. Ek het ook ‘n fiets wat ek by een van my kinders se vriende gekry het. Dis my veldry-fiets. Op daardie fiets voel ek weer soos ‘n kind, al ry ek so stadig op die klein paadjies soos ‘n verkleurmannetjie.
5. Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
Mense wat wil fiets ry werk toe, moet dit net doen. Moenie wag vir beter weer of beter fietspaaie nie. Moenie jou blind staar teen die pryse van nuwe fietse nie. Ek het my enigste nuwe fiets gekry toe ek nege jaar oud was. Daardie fiets was gesteel toe ek omtrent 14 was. Daarna was ek nog nooit weer sonder ‘n fiets nie, maar hulle is altyd tweedehandse fietse wat goed gebruik en opgepas is en hulle werk wonderlik. So kry ‘n fiets, klim op en ry.
6. Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Die dorp is wel besig om meer fietsry-vriendelik te raak. Dit sal wonderlik wees as toestande vir fietsryers wel nog kan verbeter. In België word fietse toegelaat om na twee kante te ry in eenrigting-strate. Daar is wel duidelike padtekens wat dit wys. Hier sou dit wonderlik wees as fietse voorlopig op sypaadjies kon ry. Voetgangers moet natuurlik voorkeur kry. Ook nie alle sypaadjies is geskik vir hierdie dubbele “verkeer” nie. Ek vind wel dat motoriste meer bedagsaam teenoor fietse is hier in Stellenbosch en hoop dié gesindheid verbeter steeds sodat ons kinders weer in groter getalle kan fietsry skool toe, en almal op fietse nog meer gemaklik sal voel om die pad te vat. Moet asseblief nie ophou beplan aan veiliger en geriefliker fietspaaie nie!
Vumile Yali (tuinier, 51)
- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk toe?
Ek ry al baie jare van Kayamandi dorp toe en terug
- Hoe het dit jou lewe verander?
Fietsry hou my gesond, keer dat ek oud voel
- Hoe ver ry jy elke dag?
Ek ry sowat 12 km dorp toe en terug. Vroeër jare het ek tot by Muldersvlei gery waar ek op ‘n hoenderplaas gewerk het. Dit was veel makliker om fiets te ry soontoe as met die trein
- Vertel ons meer van jou fiets
Dis ‘n Scott Adventure-bergfiets, ry gemaklik, en ek maak hom self reg as iets verkeerd gaan
- Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
Moenie lui wees nie, selfs wanneer dit reën, ry fiets en kry oefening
- Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Taxis en motors ry te maklik voor jou in, en wys geen respek vir fietsryers nie. Die musiek in motors kan hard en hinderlik wees. Jong mense jaag ook soms deur ‘n rooi robot en sien nie altyd fietsryers raak nie.
Mason’s Bike Inn verskaf nou veilige fietsparkering in die middedorp
Fietsportret: Andrew Moses (tuinier, 55)
- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk toe?
Ek ry al 18 jaar lank fiets werk toe, winter en somer, eintlik orals, nie net werk toe nie. Ek is nog nooit omgery en het nog nooit geval nie.
- Hoe het dit jou lewe verander?
Dis net ‘n plesier om te ry, fiets ry hou my fiks en ek betaal nie petrol of taxigeld nie. As jy jou fiets oppas, hoef jy omtrent net jou bande te vervang van tyd tot tyd.
- Waarheen is jy oppad en hoe ver ry jy elke dag?
Ek ry van Garden City in Idasvallei na Academia by die Universiteit waar ek werk, so 16 km heen en weer per dag.
- Vertel ons meer van jou fiets
Dis ‘n gewone bergfiets, hou homself in stand.
- Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
Ry eerder fiets as taxi, want jy het geen verkeersprobleme nie. Ry stiller paaie waar daar minder motors is. Moet nie jaag nie, ry rustig
- Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Daar is te veel motors in die dorp. Wat my opval, is dat die oorsese studente lief is vir fiets ry en Stellenbossers kan leer by hulle. Taxis wat voor fietsryers injaag en nie wag by kruisings nie, pla my. Fietsbane moet duideliker gemerk word.
Cycling is getting a better deal in Stellenbosch
Stellenbosch Cycling promotes all forms of cycling in the greater Stellenbosch municipal area among all cultural groups.
The most important event of the year was the official registration of Stellenbosch Cycling NPC on 12 August 2015. It was no easy task, but we are on our way. We have a constitution, four active directors and we have held our inaugural meeting. We even have a bank account. Our activities are promoted on Facebook, Twitter and our blog.
What were the other highlights?
The concept for the Eerste River cycling map is completed after it was initiated at our first Bosfietsberaaad in December 2014. It was ready for discussion at Spier during this year’s Bosfietsberaad on 5 December.
We organised the town’s first-ever Bike to Work week from 12 to 16 October to coincide with National Transport month and quite a number of cyclists left their cars at home and cycled to work. We even had our own t-shirts printed for the occasion – future collectors’ items!
We organised several River fun rides in various directions and we would like to organise more of these rides to new destinations, such as the Platroete (flat route).
The fact that we held a successful second Bosfietsberaad, where we gave feedback about progress made, is already an achievement.
On Heritage Day, 24 September, we organised a Heritage ride from The Avenue to Jonkershoek and back as well as a farm fun ride for children at Spier.
We facilitated discussions among the various mountain bike stakeholder groups in order to secure better access to farms and nature areas.
We could also donate several bicycles to Rietenbosch Primary School and Prochorus for their cycling programmes for learners.
Arrangements were made to donate children’s bicycles to crèches in Vlottenburg, Raithby and Mooiberge.
The visit of Carlton Reid, well-known British columnist and author of Roads were not built for cars on the eve of Bike to Work week, and his talk at Ride In in Jonkershoek on 11 October was well attended. His comments and pictures about Stellenbosch on social media, especially his positive views about the new Merriman traffic circle and bike lane, gave us international exposure. It was also an honour for us to lend a bicycle to Carlton to enable him to explore, together with some of the directors and our supporters, some of the most scenic routes and trails in and around Stellenbosch.
Throughout the year we had regular contact with municipal councillors and officials and some of the directors could also attend the Municipal Transport Forum, we could give valuable inputs and share information about our activities.
As we go into the new year, we now have our own logo for t-shirts, stickers, business cards and letterheads. We want to thank our anonymous donor who approached a well-known local designer to assist us. Our Akkerdoppie has become a well-known logo in a very short time! We want to express our thanks to each and every one that contributed to the second Bosfietsberaad and supported us in various ways.
We have been active for only a short while, but believe that we will make even more progress in the year to come.
Thanks to everyone who has assisted us in making Stellenbosch a more cycle-friendly town.
Die Eersterivierkaart in konsepstadium
Op die Bosfietsberaad het ons in besonderhede die voorgestelde Eersterivierkaart bespreek en gebruik nou die voorstelle wat ons gekry het om die kaart af te rond. Diegene wat belangstel, kan solank ‘n PDF-weergawe aflaai.cycling_map_St3
Stellenbosch bike indaba
It is time again for our annual Bosfietsberaad. Don’t miss out om this one! Subscribe now.
In addition to discussing various topical issues and share ideas on how to make our lovely town more bike-friendly, there will be ample time for fun rides to venues where we can socialise and make new cycling friends.
There may be a few changes to the programme, but please complete the entry form on: https://docs.google.com/forms/d/1pHV-zhQ2gpXBSRR9IslYEJsC5CHj8UpsuFnJWeFtMRY/viewform
Total cost is R150 per person, no matter how many functions you attend, and this includes the annual fee to be Supporter of Stellenbosch Cycling, as well as a sticker with our Akkerdoppie logo.
Programme
Friday evening 4 December, 17:00. Cycling in Stellenbosch, a panel discussion at Erfurthuis in Ryneveld Street (Opposite Sasol Museum of the University).
Wine and refreshments 17:00 – 17:30, followed by the panel discussion until 20:00.
The panel discussion will focus on feedback about progress in cycling plans and facilities made since last year’s inaugural Bosfietsberaad. Panel members: E J Wentzel (Stellenbosch Municipality), Barbara Pool (University of Stellenbosch), Richard de Villiers (MTN Land Access progress) and Giliomee Matthee (who will review the Cycling Master Plan). Discussion leader: Dawid Botha (Stellenbosch Cycling).
Saturday morning 5 December, 09:00 – 12:00, Ride to Spier.
We depart from Erfurthuis at 09:00. At Spier our new Eerste River Routes maps will be launched by Limbik. Enjoy lunch afterwards at the new Spier Werf Market.
Saturday afternoon 5 December, 17:00 – 19:00, Platroete Ride around Stellenbosch
We ride the Platroete, circling the town anti-clockwise, again departing from Erfurthuis at 17:00.
Saturday evening 5 December, 19:30 – 21:30. Discussion on international projects and their successes and dinner, Blue Crane & Butterfly, 146a Dorp Street
The panel discussion will focus on international projects and their successes (panel members include Andrew Wheeldon) in Stellenbosch and trends elsewhere. Discussion leader: Carinus Lemmer (Stellenbosch Cycling). The annual report of Stellenbosch Fietsry/Cycling NPC will be distributed to all attendees beforehand. Afterwards, dinner until late at the Blue Crane & Butterfly.
Sunday morning 6 December, 09:00 to 12:00. Ride to Kayamandi and BMX Display
Departing from Erfurthuis in Ryneveld Street, we ride to Kayamandi along the Plankenbrug River for a BMX display at the club house.
Those who want to go on and explore one of Meurant Botha’s new trails, can join him and other Bostrappers, details to be announced.
Fietsportret: Ivann Kirsten (tandarts)
- Hoe lank ry jy al met jou fiets werk of winkels toe?
Ek ry nou sedert Desember 2014 permanent praktyk, koffie en ontbyt toe met die fiets. Die enigste uitsonderings is dae wanneer die weer donker, nat of sommer net “oneerlik” is.
- Hoe het dit jou lewe verander?
In die oggend slinger ek af dorp toe en die wind waai my kop en glimlag oop. In die middag brand ek dit volspoed huis toe en maak asof ek baie fiks is…”fake it until you make it”.
- Waarheen is jy oppad en hoe ver ry jy elke dag?
Ek pendel orals heen as ek nie iemand vervoer of met inkopies hoef terug te keer nie……so vier tot agt kilometer per dag (as ek nou nie doelbewus gaan oefen nie).
- Vertel ons meer van jou fiets
Die verhouding tussen ‘n man en sy fiets is diep en belangrik en oor sulke goed praat mens nie uit nie.
- Het jy raad vir mede-fietsryers wat werk toe ry?
Begin môre-oggend.
- Watter infrastruktuur-veranderinge sal jy graag wil sien in Stellenbosch? Hoe kan ons ons dorp meer fietsry-vriendelik maak?
Ware fietsers wil vinnig ry en is so jaloers op hul momentum soos groot trokke…..as ek spoed verloor, moet ek weer hard werk om in te haal. As fietsbane beplan word, onthou ons ry vining en ‘n fiets kan ‘n voetganger baie ernstig beseer. Die bane moet nie gedeel word met mense wat loop of draf nie. My voorstel is ‘n deur randsteen afgebakende padskouer, duidelik gemerk vir fiets-gebruik en asseblief onthou tog nat verf gly! Laastens kort ons ‘n parkeer- of stoorstelsel vir fietse so duur soos motors en so kosbaar soos prinsesse, al betaal ons baie daarvoor.